Friday, April 07, 2006


Fynskrif - die dinge wat die kerk nie wil hê jy moet weet nie deur Etresia

Fynskrif is midde in die huidige Kerk- en godsdiensdebatte vrygestel en lok hewige reaksie onder die Afrikaner-geledere uit.

Fynskrif se nuuswaardigheid is tweeledig:
Eerstens natuurlik vanweë die kontroversiële aard daarvan - wat onderaan duideliker sal word. Tweedens vanweë die feit dat 'n Afrikaner vrou - Etresia, die moed het om;

· die kerklike instelling aan te vat
· die god van die Bybel te bevraagteken
· die teoloë en akademici uit te daag.

Fynskrif beslaan 270 bladsye. 'n Reeks bronne, verwysings en webwerwe is ingesluit wat deur die lesers self ondersoek kan word. Vanweë die baie inligting in Fynskrif, is die boek byna in handboek styl saamgestel.

'n Bondige oorsig oor die inhoud van Fynskrif:

Voorwoord: Die leser word tot die inhoud van die boek ingelei maar word ook teen moontlike skokkende onthullings gewaarsku.

Hoofstuk 1: Daar word skerp kritiek uitgespreek teen die kerklike bestel tans .

Hoofstuk 2 en 3: Die leser word bewus gemaak van die skelmstreke van die aartsvaders en hul familie-god wat maar alte gewillig is om hul in hul dade by te staan.

Hoofstuk 4: Behels kritiek teen, maar ook 'n pleidooi vir, akademici en wysgeleerdes om soos ware filosowe na die waarheid op soek te wees en nie self in die strik van leuens gevang te word nie.

Hoofstuk 5: Allerlei eienaardighede rondom sommige hoofkarakters van die Bybel word uitgelig.
Hoofstuk 6: 'n Bondige oorsig oor die Sumeriaanse kleitablette, wat vir 150 jaar lank vir die publiek geheim gehou is alvorens daar met vertaling daarvan begin is, word gegee. Die Genesis verhaal in die Bybel toon merkwaardige ooreenkomste daarmee maar bevat ook skokkende onthullings.

Hoofstuk 7: verskaf voorbeelde van verhale uit die Mitologie wat ooreenkomste toon met die verhale in die Bybel.

Hoofstuk 8: Vertel kortliks die verhaal vanaf Abraham tot en met Jesus - maar vanuit 'n ietwat ander oogpunt.

Hoofstuk 9: Die dilemmas in die Nuwe Testament rondom die persoon Jesus word bespreek bv. Geboorte, kruisiging, wonderwerke ens.

Hoofstuk 10: Toon verskeie oer-gode wat as bloudruk kon dien vir die eienskappe van die god van die Bybel. Ook word die merkwaardige ooreenkoms tussen son-aanbidding en die Christelike geloof bespreek.

Hoofstuk 11: Is 'n sinopsis van die Gnostiese siening en kan ook as 'n alternatief vir die huidige dogma gesien word.

Hoofstuk 12: Invloede van mense soos Konstantyn die Grote en instellings soos die Roomse kerk, op die samestelling van die Bybel en die Christelike geloofsbelydenis, word ondersoek asook die mate waartoe marteling en moord aangewend is om die dogma te vestig.

Hoofstuk 13: Hierdie hoofstuk bevat voorbeelde van hoogs ontwikkelde beskawings wat per implikasie daarop dui dat die "God" van die aartsvaders heel waarskynlik net 'n blote mens was met meer gevorderde tegnologie as die res van die Israeliete.

Hoofstuk 14: Die geweldige invloede van Son, maan en sterre word bespreek wat rede kan wees vir die oer-volkere se godsdienstige rituele en simboliek wat met die verering van hierdie hemelligame verband hou.

Hoofstuk 15: Die skrywer wys ter afsluiting daarop dat selfs belangrike teoloë soos HM Kuitert tot die besef gekom het dat die Christelike geloof nie op vaste fondamente gebou is nie en dat die Christene gehelp sal moet word met hierdie oorbrugging-gedagte.

Fynskrif - die dinge wat die kerk nie wil hê jy moet weet nie
deur Etresia is landwyd by boekwinkels en www.kalahari.net beskikbaar maar ook direk vanaf New Future Marketing.
Selnommer: 072 639 0502 Die Koste R140 (posgeld ingesluit SA alleenlik)
newfm@absamail.co.za
ISBN 0-9584604-7-7